top of page

Timothy Kieswetter - Koeke en Terte - 31 Oct

R220.00
Sold out
SEATING OPTIONS
Product Details

Goeiedag!

Ons sien uit om jou by Heroes te verwelkom vir die vertoning.

Hier is die vloerplan wat die areas aandui van die verskillende kaartjie afdelings:

Lees asb hierdie boodskap noukeurig deur.

BELANGRIK:

Daar sal ‘n gastelys by die deur wees met die naam op van die persoon wie die kaartjies gekoop het.

Dit is nie nodig om enige papierwerk saam te bring nie. Jou gaste wat saam met jou aan tafel sit, kan net jou naam by die deur gee.

Ons spasieer ons met elke vertoning die tafels sodat almal inpas, dus is die tafel nommers nooit op dieselfde plek nie.

Neem kennis, dat jy in die blok gaan sit waarvoor jy kaartjies gekoop het.

Sodra jy by die deur kom, sal sekuriteit vir jou, jou tafel nommer gee en die bestuurder sal jou na jou tafel toe neem.

Alle kaartjies wat onder dieselfde naam gekoop is, al is dit op verskillende tye gekoop, sit outomaties aan dieselfde tafel, tensy jy in verskillende blokke gekoop het.

Indien jy en vriende appart gekoop het en aan dieselfde tafel wil sit, stuur asb ‘n e-pos met almal se naam en van wat kaartjies gekoop het na heroes@bokradio.co.za

Ons spyskaart sal by die vertoning vir jou gegee word.

Ons het ‘n vol toegerusde kroeg, dus kan jy heerlik eet en iets drink vir jou eie rekening.

Die goed opgeleide kelners sal jou vriendelik bedien.

Geen eie drank of kos word toegelaat nie.

Indien jy jou eie bottel wyn wil inbring, sal daar ‘n kurkfooi van R80 per bottel op jou rekening gelaai word.

Let asb dat ons uit 3 verskillende kombuise uit kos bedien. Sushi en Pizza is appart van ons groot kombuis, dus as jy van verskillende kombuise af bestel, sal al die kos nie altyd gelyk by die tafel kom nie. Deel asb hierdie inligting met die gaste aan jou tafel sodat hulle nie na die tyd hulle ongelukkigheid op sosiale media gaan deel, omdat hulle nie die proses verstaan nie.

Ons het oorgenoeg veilige onderdak parkering.

Wanneer jy by die Cape Gate Décor Sentrum in ry, kan jy gratis onderdak parkeer, met die trappe of hyser op beweeg na grondvloer en by Heroes arriveer.

Ons adres is: Winkel 1 A, Nitida Rylaan, Cape Gate Décor Sentrum.

Dis die groot gebou oorkant Cape Gate, Makro en Medi Clinic (waar die ou Blasters was)

Deure vir die vertoning maak 18h00 oop, sodat jy rustig voor die tyd iets kan eet.

Die vertoning begin om 20h30.

Die kombuise neem om 20h00 die laaste bestellings, so bestel asb vroegtydig.

Let wel: Heroes se beleid is geen terugbetalings of ruil van kaartjies na ‘n ander vertoning nie. Maak 100% seker jy koop kaartjies vir die regte vertoning.

Indien jy nie meer ‘n vertoning kan bywoon nie, is jy welkom om jou kaartjies te verkoop. Die koper kom dan by die deur in onder jou naam.

Indien jy enige ander vrae het, is jy welkom om ‘n e-pos te stuur na heroes@bokradio.co.za

Share this product with your friends
Timothy Kieswetter - Koeke en Terte - 31 Oct
bottom of page